top of page

Skoollied
Onder Bosveld hemel blou,
waar die tarentaal lawaai,
staan ons skool in son gebaai.
Hier kan ons ‘n toekoms bou!
​
Sonstraal skool, ons plek van hoop,
breek die lewe vir ons oop.
Anders, kosbaar, spesiaal
het ons elk ‘n ideaal.
​
Ons groei sterker elke dag,
werk en speel en sing en lag.
Sonstraal kinders van die Heer.
Hy’s ons Koning Hy regeer!
​
Ons is wenners, keer op keer!
Ons wil altyd hoër beur!
Veil`ge hawe, sterke rots:
Sonstraal skool, jy is ons trots!
Lirieke deur: Ivy Oosthuizen
Getoonset deur: Santie Vanrenen-Henn
Só klink ons skoollied
bottom of page