top of page

Skoollied
Onder Bosveld hemel blou,
waar die tarentaal lawaai,
staan ons skool in son gebaai.
Hier kan ons ‘n toekoms bou!
Sonstraal skool, ons plek van hoop,
breek die lewe vir ons oop.
Anders, kosbaar, spesiaal
het ons elk ‘n ideaal.
Ons groei sterker elke dag,
werk en speel en sing en lag.
Sonstraal kinders van die Heer.
Hy’s ons Koning Hy regeer!
Ons is wenners, keer op keer!
Ons wil altyd hoër beur!
Veil`ge hawe, sterke rots:
Sonstraal skool, jy is ons trots!
Lirieke deur: Ivy Oosthuizen
Getoonset deur: Santie Vanrenen-Henn
Só klink ons skoollied
bottom of page

.jpg)