top of page
HOE KAN JY BETROKKE RAAK?
​

DONASIES

Enige kruideniers, vars groente en vrugte, vars of verwerkte vleis, en toiletpapaier is welkom by ons tehuis.

​

By die skool word fotostaatpapier altyd verwelkom omdat al die boeke van die leerders self gefotostateer word.

​

FINANSIëLE HULP aan die SKOOL:

'n Maandelikse of eenmalige bydrae aan die skool of tehuis is altyd welkom.

​

Tree as 'n borg vir 'n behoeftige skoolleerder op en gun hom/haar die geleentheid in Sonstraal Skool.

​

​

FINANSIëLE HULP aan die TEHUIS:

Die bestaande stoep van die tehuis moet vergroot word. Gratis dienste of finansiële bydraes sal welkom wees.

Ten einde voldoende elektrisiteit aan die tehuis te voorsien moet die sonpanele aangevul word en 'n tweede battery aangekoop word.

​

HERWINNINGSPROJEK

Sonstraal Tehuis herwin bier- en koeldrankblikkies.  Blikkies kan by die tehuis is Bassonstraat 32 afgelewer word.

​

BENOEM SONSTRAAL SKOOL VIR BUITENGEWONE ONDERWYS AS ERFGENAAM IN U TESTAMENT

Indien dit by u ‘n begeerte is om die skool as ‘n begunstigde in u testament te benoem, is u welkom om die hoof of bestuur daarvan in te lig.

 

Skakel gerus die hoof/bestuur indien u op enige van bogenoemde wyses wil betrokke raak.

Ondervind u enige probleme met die webwerf? Klik hier om 'n e-pos na die webmeester te stuur: 

 © Sonstraal Skool vir Buitengewone Onderwys
bottom of page