top of page

'n Stukkie geskiedenis

Die predikantsvrou van die Evangelies Gereformeerde Kerk, Santa Lourens, se beskeie poging om haar eie twee kinders en ook ander kinders, in die kerksaal te onderrig het nou tot ‘n groeiende skool ontwikkel. Dirkie was haar gestremde seun en Abrie het herstel na ‘n groot operasie, na ‘n motorongeluk.

​

Op 1 September 1996 begin die skooltjie in die saal van die EG Kerk. ‘n Week later het Sjanelle Heymans, wat nog steeds met ons is, by die skool aangesluit. In die kerksaal is ‘n paar Sondagskoolklaskamers vir dié doel ingerig. Daar is al vroeg in die skool se bestaan begin met ‘n werksentrum, waar met groot sukses, beskuit gebak, versprei en verkoop is om ‘n inkomste te genereer en om beskutte arbeid te bied om vir die gestremdes ‘n werkstoekoms te skep. Hierdie werksentrum het in die kerk se kombuis onstaan.

​

Die skooltjie het vinnig uitgebrei en die behoefte het ontstaan om nie net fisies en verstandelik gestremde leerders te akkomodeer nie, maar ook kinders met leerprobleme. Goedkeuring is by die kerkraad verkry om ‘n skoolgebou op die perseel van die kerk op te rig. Die gemeenskap van Nylstroom het hierdie projek mildelik ondersteun en in Oktober 2001 is die skool se bouplanne goedgekeur. Op 21 November 2002 is die skoolgebou, bestaande uit vyf klaskamers, ‘n kantoor, een dames- en een manstoilet, ingewy.

​

Die nuwe beskuitsentrum is deur mnr Hendrik Michau, ‘n boer van Tuinplaas, op sy eiendom naby die skool gebou. Op 12 Februarie 2007 word die fondasie gelê en op 19 April 2007 word die sentrum ingewy. Die eiendom is in 2013 in die mark geplaas om verkoop te word. 

​

In Februarie 2013 vind daar ‘n skeiding plaas tussen die leergeremde en die fisies- en verstandelik gestremde leerders en begin die skool dus op twee bene funksioneer.  Teen einde April 2013 neem die personeel van die beskuitsentrum, saam met die onderwyseresse en hul leerders, intrek in die sentrum te Magasynstraat 8, Modimolle (Nylstroom). Tans geniet almal die ruimte, stil omgewing en boomryke erf.

​

Leerders by die sentrum word ingedeel in ‘n senior- en juniorgroep. Sedert  Junie 2016 spog die skool met ‘n nuwe kleutergroep. ‘n Nuwe assistent is aangestel om hulp aan leerders te verleen wat nog op doeke is.

Vier hektaar grond is deur Abraham Kriel Kinderhuis aan ons skool geskenk en op 14 Julie 2016 op Sonstraal Skool vir Buitengewone Onderwys se naam geregistreer. ‘n Pallisade heining is opgerig en op 18 September 2017 is ‘n boorgat op die terrein gesink en toegerus met ‘n dompelpomp.

​

‘n Skool vir 120 leergeremde leerders en drie tehuise, waar volwasse gestremdes permanent gehuisves sal word, word beplan. Beide die skool en eerste tehuis sal in fases gebou word.

​

Die bestuur, personeel, ouers en leerders droom saam oor die dag wanneer ons, ons intrek kan neem in die tehuis en skool op ons eie perseel.

​

Sonstraal tehuis se deure het op 1 Februarie 2021 geopen vir fisies- en vertandelike gestremdes. dit was 'n groot droom van die Beheerliggaam van Sonstraal Skool vir Buitengewone Onderwys (wat 29 jaar bestaan), om 'n tehuis vir die volwasse gestremdes te open. Eiendom word gekoop en op 24 Mei 2021 betree die inwoners hul nuwe woning te Bassonstraat 32 in Modimolle.

Permanente inwoning en versorging word aan gestremdes voorsien vanaf 18 jaar en ouer. Dagbesoekers is ook welkom en neem deel aan die dagprogram en aktiwiteite.

​

Stimulerende programme word saamgestel uit die Nasionale kurrikulum (CAPS). Daar word daagliks fyn- en grofmotoriese oefeninge gedoen, en die inwoners geniet veral hul tema-gerigte kunsperiode waar daar ingekleur, geknip, geverf en geplak word. Daar word elke week perd gery, en sodoende word inwoners se balans en sefvertroue verbeter en word hul rugspiere geoefen om in die korrekte postuurposisie te sit.

​

Gedurende die somerseisoen swem die inwoners by Weesgerus. Dit is groot pret en bederf wanneer die oggend afgesluit word met 'n piekniek na die swemaktiwiteit. Musiek en sang is deel van die inwoners se weeklikse vermaak en hul sien uit na Vrydae wanneer 'n christelike aktiwiteit d.m.v. 'n poppekas of bybelstories, visueel aangebied word.

​

Koeldrank-/bierblikkies word by die tehuis gesorteer en herwin en dit vorm deel van die werkwinkels wat voorsien word. Daar word onder andere houtwerkopleiding aan die jong manne verskaf asook herstelwerk binne en buite die huis.

​

Die uitleef van christelike waardes is vir Sonstraal Tehuis belangrik en elke dag word begin en afgesluit met huisgodsdiens. Sondae woon die inwoners 'n kerkdiens by. Fisiese en emosionel versorging van elke inwoner is prioriteit. Inwoners geniet gebalandeerde etes en hul wasgoed word versorg. Gegnoegsame kommunikasie en deelname tussen die inwoners en personeel verseker goeie verhoudinge. Danksy liefdevolle personeel en goeie bestuur is Sonstraal Tehuis 'n ware tuiste vir die inwoners!

​

Die beplanning rondom ons bouprojek op ons terrein langs Abraham Kriel Kinderhuis, gaan steeds voort. Daar is reeds 'n boorgat gesink en planne is reeds opgetrek vir onder andere drie tehuise en 'n skool vir 120 leerders met leerprobleme.

Beheerliggaam

Beheerliggaam
Sonstraal Logo colour (003).jpg
20190522_072723.jpg
IMG_2372.jpg
Voorsitter:
Ben Hofmeyr
Sekretaresse:
Geja Heymans
Hoof:
Hantie van Aardt
Rene Visser  lid.jpg
Bestuurslid:
René Visser
Arno Visser.jpg
Bestuurslid:
Arno Visser
Wimpie du Plessis lid.jpg
Bestuurslid:
Wimpie du Plessis
Direksie

Direksies

Sonstraal Skool vir Buitengewone Onderwys
IMG_2372.jpg
Arno Visser.jpg
Wimpie du Plessis lid.jpg
Hantie van Aardt
Arno Visser
Wimpie du Plessis
Sonstraal Tehuis
Wimpie du Plessis lid.jpg
Wimpie du Plessis
WhatsApp Image 2021-03-01 at 10.39.03.jp
Charl Heymans

Ondervind u enige probleme met die webwerf? Klik hier om 'n e-pos na die webmeester te stuur: 

 © Sonstraal Skool vir Buitengewone Onderwys
bottom of page