top of page

Herwinningsprojek

reduce-reuse-recycle-earth-png-reduce-re
Herwinning van koeldrankblikkies 2.jpg
Herwinning van koeldrankblikkies 1.jpg
Ons gee om vir die natuur en herwin blikkies

Die herwinning van koeldrankblikkies vorm deel van die praktiese opleiding van die skool en ekstra fondse word daardeur gegeneer vir die skool. Die leerders geniet dit om met ‘n magneet die staalblikkies te skei van die alliminium blikkies. Nadat die blikkies geskei is, word dit deur ‘n parsmasjien gepars en by Nylstroom Skroot ingehandig vir vergoeding. Leerders word aangemoedig om deel van die herwinning te wees sodat hul bewus gemaak kan word van entrepreneurskap t.o.v herwinning.

Gholfdae

Daar word gepoog om elke jaar 'n gholfdag vir die tehuis te reël.

Golf Player
1746605095847.jpg

4x4 Familiedae

Daar word jaarliks ‘n 4x4 Gesinsdag aangebied om fondse te in vir die skool. Dit is ‘n groot aantrekkingskrag vir 4x4 voertuigeienaars en bied hul geleentheid om hul voertuig se kragte te meet. Dit bied vele plesier en opwinding vir die hele gesin. Heerlike eet- en drinkgoed word deur Sonstraal Skool vir B.O. te koop aangebied. Die gemeenskap word uitgenooi om stalletjies teen ‘n geringe fooi te huur en hul items uit te stal. ‘n Prysuideling vind plaas na die kompetisie en die vrolike dag word met ‘n veiling afgesluit.

Ander

Kosverkope - daar word op 'n gereëlde basis kerrie en rys en vetkoeke verkoop ter stuwing van die skool se fondse
 

Rice and Vegetable Curry

Ondervind u enige probleme met die webwerf? Klik hier om 'n e-pos na die webmeester te stuur: 

 © Sonstraal Skool vir Buitengewone Onderwys
bottom of page