top of page

Ons Tehuis

Wat bied die tehuis?

Sonstraal Tehuis se deure het amptelik op 1 Februarie 2021 geopen en funksioneer suksesvol.  Op 24 Mei 2021 betree die inwoners hul nuwe tehuis te Bassonstraat 32, Modimolle.

Die bestuur is dankbaar dat die skool die eiendom kon koop sodat daar onmiddelik in die behoefte van ouers met volwasse gestremdes voorsien kan word.  Permanente verblyf en versorging word gebied aan gestremdes van agtien jaar en ouer.

Die beplanning rondom die bouprojek op ons eie terrein (langs Abraham Kriel Kinderhuis) gaan steeds voort.  Die uitdaging om fondse in te samel vir die bouprojek tydens die Covid pandemie is ‘n groter uitdaging as vroeër. 

Bo en behalwe liefdevolle personeel en ‘n huislike atmosfeer is daar verskeie werkwinkels, opvoedkundige programme, perdry en swemaktiwiteite vir die inwoners beskikbaar wat hulle stimuleer en verryk.  Uitstappies word gereeld vir die inwoners gereël.

Daar kan agt persone in die tehuis gehuisves word, huidiglik is daar nog plek beskikbaar.  Dagbesoekers is ook baie welkom.  Hulle vorm deel van die groepaktiwiteite en etes word aan hulle voorsien.

 

​

  • Facebook

Besoek ons Facebook blad

Hartlike dank aan al die ouers, personeel en donateurs

wat op verskeie maniere ondersteun en voorsien.

Mag ons hemelse Vader u ryklik seën.

Ondervind u enige probleme met die webwerf? Klik hier om 'n e-pos na die webmeester te stuur: 

 © Sonstraal Skool vir Buitengewone Onderwys
bottom of page