
Aktiwiteite
Sonstraal Tehuis bied ‘n rustige en huislike atmosfeer vir die inwoners.
‘n Dagprogram vol aktiwiteite besorg aan hulle vele pret, plesier en baie
stimulasie.
Grof- en fynmotoriese aktiwiteite en tema-gerigte onderwerpe word
aangebied. Weeklikse perdry- en swemaktiwiteite word in die program ingeruim en die inwoners word gereeld op uitstappies geneem.
Geestelike versorging van die inwoners is vir ons baie belangring en daarom
word hul dag geopen en afgesluit met huisgodsdiens. Die inwoners word op ‘n weeklikse basis blootgestel aan addisionele kinderbedieninge.
Op kulturele vlak geniet die inwoners hul weeklikse sang met kitaarbegeleiding en dit verskaf aan hulle baie plesier.
Die herwinning van bier/koeldrankblikkies op die perseel bied aan sommige inwoners die geleentheid om vaardighede te ontwikkel en laat voel hulle verantwoordelik en menswaardig.
Sonstraal Tehuis spog met inwoners wat baie ‘besig’ en baie gelukkig is.
![]() 1746605077484 | ![]() IMG-20211202-WA0035 | ![]() IMG-20250103-WA0035 |
---|---|---|
![]() IMG-20250322-WA0010 | ![]() 20211022_104952 | ![]() IMG-20241103-WA0014 |
![]() IMG-20241103-WA0017 | ![]() IMG-20241103-WA0014 | ![]() IMG-20250509-WA0029 |
![]() IMG-20230114-WA0007 | ![]() IMG-20250410-WA0019 | ![]() IMG-20230215-WA0024 |
![]() IMG-20230114-WA0006 | ![]() 1746605018643 | ![]() 1746605007306 |
![]() IMG-20250510-WA0012 |
Blikkie herwinning
Ekstra fondse word gegenereer deur bier- en koeldrankblikkies wat herwin word. Die jongmanne van die tehuis werk ywerig om die blikkies te sorteer en daarna te pars. Die geparste blikkies word in sakke verpak en gereed gemaak om na die skrootwerf vervoer te word.

Groot
motories


