top of page

Vir u gemak, kan u, u kind se inskrywing hier op die webwerf voltooi en versend

(maak seker dat u die toelatingsvereistes lees en verstaan)

maar die vorm is ook as pdf beskikbaar vir u om af te laai.

Toelatingsbeleid

  • Mediese/sielkundige/opvoedkundige toetse moet u kind se inskrywing vergesel.

       (SONDER BOGENOEMDE SAL LEERDERS NIE TOEGELAAT WORD NIE).

  • Indien daar enige verdere opvoedkundige of sielkundige toetse gedoen moet word is die ouer/voog verantwoordelik om die kostes te dra.

  • Mediese verslae moet voorgelê word wanneer leerders op kroniese medikasie is.

  • Toelating sal afhang van graad van gestremdheid.

  • Toelating sal ook afhang van die beskikbaarheid van personeel.

  • Ouer/voog is verantwoordelik vir stiptelike betaling van maandelike skoolfonds.

  • Rente sal gehef word indien u betaling na die 7de van elke maand geskied. Ons is geregtig om u kind tydelik uit die skool te ontstaal indien die skoolfonds agterstallig is.

  • Ouer/voog moet bereid wees om betrokke te raak by fondsinsamelings en skoolaktiwiteite.

  • U onderneem om u te vergewis van die skoolreëls.

  • Christelike opvoeding maak deel uit van die leerprogram.

  • Daar is 'n maand proeftydperk om te bepaal of die leerder aanpas. Indien nie, behou die skool die reg voor om die ouer/voog in kennis te stel dat die plasing nie suksesvol was nie.

  • Geen leerder met 'n aansteeklike siekte of kopluise sal vir die periode daarvan, toegelaat word nie.

  • 'n Afskrif van die leerder se geboortesertifikaat word vereis.

  • 'n Afskrif van die ouers/voogde se identiteitsdokumente word vereis.

 

Ondervind u enige probleme met die webwerf? Klik hier om 'n e-pos na die webmeester te stuur: 

 © Sonstraal Skool vir Buitengewone Onderwys
bottom of page