
Bouprojek
​
Vier hektaar grond is deur Abraham Kriel Kinderhuis aan die skool geskenk en op 14 Julie 2016 op Sonstraal Skool vir Buitengewone Onderwys se naam geregistreer. ‘n Palissade heining is opgerig en op 18 Sept. 2017 is ‘n boorgat op die terrein gesink.​
Planne is reeds in plek vir die bou van drie tehuise wat elk 24 gestremde inwoners kan huisves asook 'n skool vir 120 leerdgeremde leerders. Hierdie is 'n langtermyn visie wat in werking sal tree sodra voldoende fondse beskikbaar is om die eerste fase van die projek te begin en dan uit te brei na gelang van die behoefte.
​
Tehuis te Bassonstraat 32
As gevolg van die groot behoefte wat onder ouers met gestremde kinders ontstaan het, is daar is 2021 eiendom aangekoop en het Sonstraal Tehuis die lig gesien. Agt inwoners kan permanent gehuisves word. Dagbesoekers word ook die geleentheid gebied om deel te neem aan aktiwiteite wat aangebied word en etes word aan hulle voorsien.
​
Behoeftes
​
Sonstraal Skool vir Buitengewone Onderwys is ‘n privaat skool en ontvang geen staatshulp. Die Skool is geregistreer as ‘n Nie-winsgewende Organisasie en voorsien Artikel 18 A sertifikate ten opsigte van belastingdoeleindes/belastingverligting. Fondse vir die skool word gegenereer deur fondsinsamelingsprojekte, donasies en skoolfonds deur ouers betaal.
​
Beleggers en ontwikkelaars wat betrokke wil raak is welkom om met ons in verbinding te tree.

Ons sal dit hoog op prys stel indien enige individu of instansie by die skool betrokke wil raak ten einde ons doel te bereik.
Voorstelling van ons beoogde tehuise en nuwe skool






Uit die lug gesien

