top of page

Leergeremde leerders

Dié leerders word by die skoolgebou op die terrein van die EG Kerk, Hans Campher rylaan, Modimolle, geakkomodeer.

Akademie

  • Die Nasionale Kurrikulum, CAPS, word aangepas by die leerders se pas, tempo en vermoëns.

  • Leerders ontvang individuele aandag. ‘n Maksimum van 7 leerders word in ‘n groep geakkomodeer.

  • Entrepreneursdae word jaarliks gereël waartydens leerders prakties blootgestel word aan entrepreneurskap.

  • Karakterdag: Leerders lewer voorbereide praatjies.

  • Eksperimente dae: Leerders neem deel aan verskeie wetenskaplike eksperimente en word geassesseer.

  • Eksamenvakke behels Afrikaans, Engels, Wiskunde, Bybel en Lewensoriëntering.

  • Formele eksamens word kwartaaliks afgelê.

​

Praktiese opleiding

  • Houtwerk

  • Algemene herstelwerk

  • Kleutersorg

  • Kookkuns

 

Kultureel

  • Sang en musiek

  • Kunsaktiwiteite

  • Konserte

  • Uitreikprojekte

  • Opvoedkundige uitstappies​

  • Sport en speletjies​

 

Algemeen

  • Uitreikprojekte word vir leerders gereël.

  • ‘n Seniorafskeid vir skoolverlaters word jaarliks vir die leerders gereël.

  • Leerders ontvang beloning vir hul prestasies tydens ‘n jaarlikse prysuitdeling.

Ondervind u enige probleme met die webwerf? Klik hier om 'n e-pos na die webmeester te stuur: 

 © Sonstraal Skool vir Buitengewone Onderwys
bottom of page